Afskeid het vele gedaantes. Soms kom dit skielik en soms beplan ons dit. Dikwels kom dit op ons afgestorm en ander kere sien ons uit daarna. Maar selfs al sien ons uit daarna, is daar tog ‘n mate van weemoed wat soms verswelgend kan raak.
Daar is die vinnige “koebaai”. Dan is daar die kere waar daar geen koebaai is nie. Die tye wat mens WIL koebaai sê en die kere wanneer jy nie KAN nie.
Ek is nou op ‘n koebaai-reis. Ek dink dis my laaste keer weg van die huis in my huidige pos. Oor twee maande is dit alles verby – gedeeltelik my keuse – gedeeltelik omstandighede. Daar is min gemengde gevoelens – wel ‘n bietjie nostalgie. Geen geleenthede meer van nuwe plekke besoek en nuwe mense leer ken op werksonkoste nie. Maar soveel om na uit te sien, my passie te kan uitleef. Vervuld en met die wete dat ek die Here daardeur kan dien en my talente kan gebruik.
Prediker is reg. Daar is ‘n tyd vir alles. En my tyd om koebaai te sê het gekom.
Koebaai HPCA. Jy was vir my goed. Ek gaan, want ek moet. Mag die Here julle seen.
(Geskryf Julie 2016, gepubliseer Okt 2021 – Baie water het intussen in die see geloop)