
Moeilike tye!
Dag-vir-dag en treetjie-vir treetjie. Dis hoe ons dit doen! Maar soms, net soms, raak dit bietjie te veel. En soms, net soms, dink ons dit gaan nooit weer einde kry nie. Maar dan kyk ons terug op ons lewens en onthou ander moeilike tye. Tye van chaos en onsekerheid. Tye van bekommernis en moedeloosheid. En dan weet ons, ons KAN, ons WIL en ons SAL hierdeur kom.
Wat beteken dag-vir-dag?
Goeie vraag, veral as ons so graag vooruit wil beplan. Hoe doen mens die dag-vir-dag-ding? Ek weet ook nie, maar ek dink jy DOEN dit net! As die groot kommer waaroor ek nie beheer het nie in my hart kom nesmaak, jaag ek hom weg deur vinnig aandag te gee aan iets waaroor ek wel beheer het.
Hoe doen ek dit?
- Ek bid.
- Ek stof af.
- Ek was skottelgoed.
- Ek werk in die tuin.
- Ek lag.
- Ek is dankbaar.
- Ek bel my kinders.
- Ek maak vir my man tee.
- Ek bemoedig iemand anders met ‘n boodskap.
- Ensovoorts, ensovoorts.
En so kom ek deur die dag – tree vir tree. Een ding op ‘n keer. Voetjie vir voetjie. Stadig maar seker…met God se genade. Wat ‘n groot troos!
Daar is hoop
Ja, daar is hoop en daar is ‘n toekoms. En ons hoef nie te weet hoe lyk die toekoms nie. Gee maar net een klein treetjie op ‘n slag.
Probeer dit. Dit werk!